|
Baber voedingsbestuur
Baber (Clarias gariepinus) is `n geharde vis wat effektief
teen hoë digtehede geproduseer kan word. Alhoewel die
suurstof-dravermoë van die water nie baberproduksie so
veel soos ander spesies beperk nie, behoort voedingsbestuur
steeds te doel te hê om optimum waterkwaliteit en dus
optimum visgesondheid te verseker.
Broeiery:
Pas-uitgebroeide babers absorbeer voedingstowwe uit `n groot
dooiersak vir die eerste 5 tot 10 dae waarna hulle begin rondswem
op soek na voedsel. `n Relatief goed-ontwikkelde spysverteringstelsel
stel hulle in staat om voedsel reeds op `n vroeë ouderdom
te verteer. Afhangende van die watertemperatuur kan babers
op ongeveer 10 tot 14 dae geleidelik op droë kunsmatige
voer gespeen word. Die speenproses duur 3 tot 5 dae waartydens
sorg gedra moet word dat die vissies se mae meesal vol is,
aangesien kannibalisme as gevolg van hongerte vir groot verliese
verantwoordelik kan wees Die voertoelaag word opgedeel in
8 tot 10 voedings per dag. Vissies wat leer vreet word met
uur-intervalle gevoer teen `n tempo van 25% van liggaamsgewig
per dag. Soos wat die vis groei word dit verminder na vier
to twee voedings van 5 tot 10% van liggaamsmassa per dag terwyl
steeds in die broeiery. Voorsorg moet getref word dat alle
voer ingeneem word aangesien ongevrete voer bydra tot verswakte
waterkwaliteit. Voere wat op die broeiery-bodem versamel moet
gereeld verwyder word om toestande so higiënies moontlik
te hou. `n Meel- of krummel aanvangsrantsoen word vir die
eerste 1 tot 2 weke voorsien, waarna die klein vissies vanaf
die broeiery na produksie damme oorgeplaas word.
Uitplasing van klein vissies:
Dit is moeilik om klein vissies in groot produksie damme te
voer aangesien die jong en relatief swak swemmers oor die
dam uitgesprei is en nie in staat is om vinnig te beweeg na
die punt waar gevoer word nie. Die beste manier om goeie groei
en oorlewing van die vissies te verseker, is om voorsorg te
tref dat daar aanvanklik voldoende natuurlike en lewende voer
tesame met voldoende kunsmatige aanvangsvoere daagliks beskikbaar
is in die water wanneer die vissies uitgeplaas word. Voorsorg
moet egter getref word dat die water vry is van enige potensiële
predatore, veral van platannas en krappe wat groot verliese
kan veroorsaak. Die eenvoudigste manier om `n dam vir uitplasing
voor te berei is deur bemesting om die ontwikkeling van natuurlike
voedsel te stimuleer. Daarna behoort daar vir een of twee
keer per week vir 3-4 weke na uitplasing met bemesting volgehou
te word. Na `n paar weke sal die klein vissies gegroei het
to vingerlinge (“swim-up”) van 6 of 12 sentimeter
lank en na die oppervlak kom op soek na voedsel (tussen dag
14 en dag 17, begin die fry hul asemhalingstruktuur vorm).
Sodra die vingerlinge effektief rondswem en in staat is om
volledig op vervaardigde voer te voed is bemesting is nie
langer nodig nie. Gedurende hierdie periode is kanibalisme
waarskynlik die grootste oorsaak van vrêktes en moet
voorkom word deur voldoende voervoorsiening. Die vis ontvang
kunsmatige voere twee keer per dag teen `n tempo van 10%,
dalend na 2-3% van die liggaamsmassa per dag vir die oorblywende
gedeelte van die groeiseisoen. Die voertoelaag word bereken
op grond van liggaamsmassa en watertemperatuur (sien Tabel
2). `n Voedingsprobleem wat soms voorkom in 5-8 weke-oue vingerlinge
(3-5g) is die sogenaamde “Ruptured Intestine Syndrome
(RIS), ook bekend as “Open Belly Syndrome” en
word geassosiëer met hoë voertempo. Dit word veroorsaak
deur `n oormatige afskeiding van soutsuur in tydens voerinname
wat dan die maagwand van die vis verteer.
Tabel 1. Voorbeeld van voer aanbevelings
vir baber van verskillende grootte.
| Voertipe |
Visgrootte
(g) |
Proteien
inhoud
(%) |
Partikel
grootte
(mm) |
Voerfrekwensie
(voedings/dag) |
| Voor-Aanvangsvoer ("Pre-Starter")* |
<0.25 |
44-52 (48) |
0.50 |
9 |
| Voor-Aanvangsvoer (“Pre-Starter”)* |
0.25-1.5 |
44-52 (48) |
0.5-1.0 |
9 |
| Voor-Aanvangsvoer (“Pre-Starter”)*
|
1.5-5.0 |
44-52 (48) |
1.0-1.5 |
9 |
| Aanvangsvoer (“Starter”)**
(“Semi-intensief”) |
5-30 |
32 |
1.5-2.0 |
4 |
| Aanvangsvoer (“Starter”)**
(“Semi-intensief”) |
30-50 |
32 |
3.0 |
4 |
| Aanvangsvoer (“Starter”)**
(“Intensief”) |
5-30 |
36 |
2.0 |
6 |
| Aanvangsvoer (“Starter”)**
(“Intensief”) |
30-50 |
36 |
3.0 |
6 |
| Groei 1 (“Semi-intensief”)
|
50-100 |
28 |
3.5 |
2 |
| Groei 1 (“Semi-intensief”) |
100-200 |
28 |
4 |
2 |
| Groei 1 (“Semi-intensief”) |
>200 |
28 |
6 |
2 |
| Groei 2 (“Intensief”)
|
50-100 |
32 |
3.5 |
3 |
| Groei 2 (“Intensief”) |
100-200 |
32 |
4 |
3 |
| Groei 2 (“Intensief”) |
>200 |
32 |
6 |
3 |
| Broei (“Broodstock/Breed”) |
- |
28-32 |
9 |
1-2 |
|
|
| Die optimum voer partikel grootte is
ongeveer 2.2% van liggaamslengte. |
Aangesien `n babers koudbloedig is word hul metabolisme,
en dus ook die aanbevole voertoelaag en frekwensie grootliks
beïnvloed deur watertemperatuur. Die optimum temperatuur
vir goeie voerverbruik en groei in baber is ongeveer 30°C.
Sodra die watertemperatuur egter onder 21°C daal, raak
dit minder ekonomies om baber te voer aangesien hulle swak
vreet en hul groeitempo drasties afneem by lae temperature.
In die winter benodig baber maar 25% van die voer wat gedurende
warm somermaande gevoer moet word. `n aanbeveelde wintervoeding
vir babers in damme voorsien 0.75–1% van liggaamsmassa
in voer indien die watertemperatuur op 1m diepte meer is as
13°C. Die aanbevelings in Tabel 2 kan as handleiding vir
winter voeding dien.
Tabel 2. Voorbeeld van voorgestelde voerfrekwensie
vir baber by verskillende water temerature
| Water
Temperatuur (°C) |
Voor-aanvangs
en aanvangsvoere |
Groeivoere |
| > 30 |
2 keer per dag |
1 keer per dag |
| 26-30 |
4 keer per dag |
2 keer per dag |
| 20-26 |
2 keer per dag |
1 keer per dag |
| 15-20 |
1 keer per dag |
1 keer per dag |
| 10-115 |
Twee-daagliks |
Twee-daagliks |
| <10 |
elke 3e tot 4e dag |
elke 3e tot 4e dag |
|
As gevolg van die groot seisoenale temperatuurverskille in
Suid-Afrika, word die baber groeiseisoen beperk to ongeveer
6 maande van die jaar in grootste gedeelte van die land. Wintervoeding
kan dus duur en ongerieflik raak in vergelyking met groeitoename
wat verkry kan word, maar dra wel by tot verhoogde siekteweerstand
van oorwinterde vis. Lae proteïen voer (25%) word aanbeveel
vir wintervoeding van mark-gereed vis van groter as 250g.
Gedurende die koudste maande moet slegs op die warmste dae
gevoer word. Ad libitum voeding word nie in wintermaande aanbeveel
nie aangesien mis-opbou kan lei tot waterkwaliteit probleme.
Tabel 3. Voorbeeld van daaglikse voertoelaag
aanbevelings vir baber van verskillende groote by verskillende
watertemperatuur
| Vismassa
(g) |
Temperatuur |
| 16 |
18 |
20 |
22 |
24 |
26 |
28 |
30 |
| >15 |
2.2 |
2.5 |
2.9 |
3.2 |
3.5 |
3.8 |
4.1 |
4.4 |
| 15-50 |
1.8 |
2.1 |
2.4 |
2.7 |
3 |
3.2 |
3.5 |
3.7 |
| 50-100 |
1.4 |
1.6 |
1.9 |
2.1 |
2.3 |
2.5 |
2.7 |
2.9 |
| 100-200 |
1.2 |
1.3 |
1.5 |
1.7 |
1.9 |
2 |
2.2 |
2.3 |
| 200-300 |
1 |
1.1 |
1.3 |
1.4 |
1.6 |
1.7 |
1.8 |
1.9 |
| 300-500 |
0.8 |
1 |
1.1 |
1.2 |
1.3 |
1.4 |
1.5 |
1.6 |
| 500+ |
0.6 |
0.7 |
0.8 |
0.9 |
1 |
1.1 |
1.2 |
1.3 |
|
Kommersiële korrels is beskikbaar in sinkende en drywende
vorm. Die mees geskikte tipe voer vir babers is geëkstrueerde
voerkorrels wat op die water dryf. Dit gee die baber genoeg
kans om te vreet voordat die korrels na die bodem sink en
maak verder doeltreffende waarneeming van die babers moontklik
tydens voeding - vis kan sodoende tot ad libitum gevoer word
teen die maksimamum inname sonder oorvoeding, en siekte en
waterkwaliteitsprobleme kan maklik waargeneem word. Vis wat
gewoond is aan drywende voere sal op die oppervlak vreet gedurende
die winter maar vis wat nie aangepas is tot oppervlak voeding
nie sal nie goed vreet nie. Broeivis toon soms dieselfde probleem.
Om hierdie probleem die hoof te bied kan `n mengsel van 85%
sinkende tot 25% drywende voerkorrels gedurende die winter
gevoer word.
Lourens de Wet
|