|
Die speen van vis in plaasdamme
Natuurlike voedsel soos lewende fito- en sooplankton
is baie voedsaam en in vrugbare damme maak dit `n groot en
ekonomiese bydrae tot die produksie van garnale en vis soos
tilapia, karp en babers. Dit vind veral toepassing tydens
die speen van jong vis en die ekstensiewe en semi-intensiewe
produksie tot markgrootte.
Sodra die pas-uitgebroeide vissies se dooiersakreserwes uitgeput
is, moet `n alternatiewe bron van voedingstowwe voorsien word
om hul groei te verseker. In die natuur begin hulle rondswem
op soek na natuurlike organismes. Onder kommersiële akwakultuur
is hierdie bron van natuurlike voedsel egter afwesig vanweë
die kunsmatige omgewing waarin hulle geproduseer word.
Die voorsiening van lewende voedsel soos alge en ander klein
insekte speel egter `n belangrike rol in die voedselvoorsiening
van klein vissies: om hulle geïnteresseerd te hou in
hul voedsel en hulle sodoende vinniger te leer vreet totdat
hulle in staat is om kunsmatige voedsel te verteer. `n Voldoende
voorsiening van lewende voedsel help ook om probleme soos
“uitskieters” en gevolglike kannibalisme te beperk.
Verder bevat lewende voedsel-organismes sekere groeifaktore
wat essensiëel is vir normale liggaamsontwikkeling.
Pas nadat die dooiersak geabsorbeer is, ondervind sekere
vissoorte probleme met aanpassing op kunsmatige voere tydens
hul eerste voeding. Vanweë `n onvolwasse en onder-ontwikkelde
spysverteringstelsel en dus as gevolg van die afwesigheid
van sekere verteringsensieme word voere moeilik verteer en
voedingstekorte kom gereeld voor (karp ontwikkel selfs nooit
`n ware maag nie.). Larwale vis ondergaan verskillende fases
van metamorfose en spysverteringskanaal-ontwikkeling en kan
wel teen `n sekere stadium gespeen word op droë, kunsmatige
voedsel. Soos die vis groei, raak die kunsmatige voer toenemend
belangrik totdat `n stadium bereik word wanneer dit fisies
die enigste dieet vorm
Só kan karp byvoorbeeld volledig oorgeplaas word op
kommersiële droë voere op grootte van 15 tot 30
mg. Die oorskakeling na droë voere is egter `n geleidelike
proses en behoort aanvanklik slegs aanvullend tot natuurlike
voedsel te wees en behoort nie die enigste bron van voedsel
te vorm nie. Die toedining van kunsmatige voer behoort egter
in `n beperkte mate te begin op die dag van uitplasing van
die vis sodat hulle so vroeg moontlik aan die smaak daarvan
gewoond kan raak.
BYDRAE VAN NATUURLIKE PRODUKTIWITEIT
In ekstensiewe en semi-intensiewe akwakultuurstelsels voorsien
natuurlike voedsel `n belangrike bron van voedingstowwe (geheel
en al of gedeeltelik) aan vis totdat markgrootte bereik word.
Die groeitempo van vis wat `n hierdie stelsels geproduseer
word is egter aansienlik stadiger in vergelyking met intensiewe
stelsels, maar in terme van voerkoste word baie bespaar. Aangesien
tilapia sulke doeltreffende voerder/benutters van natuurlike
voedsel is, word hulle dikwels geproduseer in damme met lae-koste
byvoeding. Só is goeie opbrengste al behaal deur die
voer en bemesting met ryssemels, brouersafval, koffiepulp,
en dieremis. Natuurlike voedsel (natuurlike produktiwiteit)
dra merkwaardig by tot die voorsiening van proteïen en
daarom bevat sekere voere warmwatervis in gronddam stelsels
slegs 24% ruprotein.
Die kapasiteit van natuurlike voedselproduksie van `n dam
word bepaal deur die mate van verreiking van die water met
organiese en anorganiese bemestingstowwe. `n Voorbeeld van
`n effektiewe kombinasie van anorganiese en organiese bemestingstowwe
is hoendemis en ammonium fosfaat. Organiese bemestingstowwe
verhoog fitoplanktongroei (mikroskopiese plante wat water
sy groen kleur gee) wat as substraat dien vir verdere soöplankton-
en insekgroei dien.
Afhangende van die dagliglengte en watertemperatuur, ontwikkel
so `n trofiese web gewoonlik ongeveer 10 dae na bemesting.
Daar moet dus begin word om die dam te bemes vir `n tydperk
voor die uitplasing van vis sodat voldoende tyd beskikbaar
is vir die ontwikkeling voldoende natuurlike voedsel (ongeveer
14 dae in die geval van garnaal). Voordat die larwes losgelaat
word, word hulle intensief gevoer met 3 uur intervalle, aangesien
gereelde voeding in die dam nie sal aanvang neem tot die volgende
dag nie. Té uitplasings van vis na bemesting of die
toediening van té groot hoeveelhede bemetingstowwe
kan egter soms sporadiese gevolge op visproduksie hê:
vanweë die voorkoms van ryk algpopulasies (“algal
blooms”) vind groot suustof fluktuasies in die water
plaas as gevolg van fotosintese. Verder veroorsaak te veel
organiese bemesting dat die normale afbraak-prosesse op die
dambodem anaerobies raak wat kan lei to die vrystelling van
giftge gasse en produkte wat skadelik kan wees vir vis met
moontlike mortaliteite. In sulke geval kan kan belugting van
die water noodsaaklik raak om te verhoed dat suurstof tekorte
gedurende bewolkte of donker periodes voorkom wanneer suurstof
deur die alge vanuit die water onttrek word.
Organiese bemesting is `n goeie bron van
stikstof en fosfaat, maar die organiese materiaal dien ook
as direkte voedselbron vir insekte en soöplankton, en
verrot stadig om voedingstowwe vry te stel vir die stimulering
`n plankton bloei. Voorbeelde van organiese bemestingstowwe
sluit plantaardige bronne soos lusern korrels, katoensaadmeel,
en hoë kwaliteit hooi, en dieremis soos vark, pluimvee
en beesmis in. Kombinasies van plant en dierebronne vind ook
soms groot toepassing in akwakultuur. Damme word tot ½
of 2/3 werksvlak met water gevul voordat bemesting plaasvind.
Voordat vis uitgeplaas word, word die damme verder volgemaak.
Tabel 1 voorsien aanbevelings vir organiese bemesting wat
alleen as riglyne moet dien - waterkwaliteit behoort voortdurend
dopgehou te word om aanpassing hierop te maak.
Tabel 1. Riglyne vir die organiese bemesting
van akwakultuurstelsels
| Bron |
Toediening
(ton/ha)* |
| Plantaardige bemestingstowwe |
2-3 |
| Vars diere mis |
3-7 |
| Droë hoendermis |
0.5* |
|
|
*1m watervlak
In sanderige grond kan `n addisionele 500 kg/ha toegedien
word `n stabiele plankton bloei te verseker |
Nog `n voorbeeld van organiese bemesting is die geïntigreerde
produksies van vis in kombinasiemet vark, gans en hoenderproduksie
in geïntigreerde akwakultuurstelsels waar laasgenoemde
diere se vars mis direk tot beskikking van die water is vir
die organiese bemesting daarvan
Organiese bemesting kan afgewissel word met anorganiese
bemesting. Een van die voordele van anorganiese bemesting
is dat die toedieningsdosisse baie meer noukeurig bepaal kan
word en toegepas kan word met veel meer gerustheid (sien Tabel
2).
Tabel 2. Voorbeeld van voorgestelde voerfrekwensie
vir baber by verskillende water temerature
| Bron |
Toediening
(ton/ha)* |
| Enkel bemestingstowee |
| Superfosfaat |
100-150 |
| Amoniumsulfaat (veral in alkaliese water),
ammonium nitriet of ureum |
100-150 |
| Kombinasies |
| Ammoniumsulfaat en gelyke hoeveelheid superfosfaat |
60+60 |
| • Ureum en gelyke hoeveelheid trippelfosfaat |
100+50 |
|
|
| *1m watervlak |
Vloeibare hoë-fosfaat bemestingstowwe (10-34-0 en 13-18-0)
is ook baie effektief om vinnige alggroei te verseker (begin
met `n aanvanklike tempo van 9kg fosfor per ha).
In ekstensiewe of semi-intensiewe produksiestelsels is onderhoudsbemesting
essensiëel vir die handhawing van natuurlike produktiwiteit.
Die daaglikse toediening van 20-35kg droë mis per ha
is veilig vir die voorkoming van dratiese suurstof fluktuasies.
Dit kan verder verhoog na 100-120kg per dag afhangende van
die behuisingsdigtheid van die dam. In medium tot hoogs produktiewe
polikultuur stelsels, waar aanvullende voeding toegepas word,
word NPK bemesting teen `n verhouding van 18:8:4, en teen
`n tempo van 500kg/ha/jaar toegepas
Voordat klein vissies losgelaat word kan ongewenste predatoriese
insekte met behulp van deur organiese esters van fosforsuur
geëlimineer word (0.3mg/l of 3kg/ha op `n diepte van
1m). Daarna kan bemesting voortgaan teen een of twee keer
per week vir 3-4 weke nadat die vis uitgeplaas is. Bemesting
kan geleidelik verminder word sodra die vingerlinge die kunsmatige
aanvangsvoer (30-40% proteïen) begin vreet. 1 Liter voer
kan daagliks fyngemaak word per 100 000 vissies. Die optimum
grootte van die voerpartikels met visgrootte maar behoort
nooit 20% van die mond-opening te oorskry nie. Sodra die vis
volledig op kunsmatige voer gespeen is, moet voer so gereeld
as moontlik beskikbaar wees - `n voerfrekwensie van 10 tot
24 keer per dag en in oorvloed word aanbeveel.
Lourens de Wet
|