|
Garnaal voedingsbestuur
Die suksesvolle produksie van garnaal (Panaeus indicus,
japonicus, monodon) hang af van baie faktore waaronder korrekte
damvoorbereiding, die beskikbaarheid van gesonde diere, optimum
behuisingsdigtheid, goeie waterkwaliteitbestuur, maar veral
van koste-effektiewe voere en voedingsbestuur – dit
neem sekerlik die voortou om `n waardige belegging in garnaalproduksie
te maak.
Voertipe
Soos wat produksie van garnaal intensifiseer vanaf lae-digthede
tot hoë-digtheid produksie, word die kwaliteit van die
voer al hoe belangriker. Waar sommige ekstensiewe produksiefasiliteite
(lae behuisingsdigthede) geensins van byvoeding gebruik maak
nie aangesien die voedingsbehoeftes van die diere hoofsaaklik
deur natuurlike produktiwiteit voorsien word, maak ander ekstensiewe
boerderye tot `n beperkte mate staat op `n kombinasie van
byvoeding en addisionele bemestingstowwe, gedurende a sekere
seisoen of produksie stadium, om die natuurlike voedselketting
in die produksiestelsel te stimuleer. Beide organiese en anorganiese
bemestingstowwe word gebruik. Voorbeeld: 500kg/ha hoendermis
(500kg/ha) kan eweredig oor die droë dambodem uitgestrooi
word voordat die dam vol water gemaak – waar grond sanderig
is word `n addisionele 500 kg/ha benodig om `n stabiele plankton
bloei te verseker. Die volgende dag word die dam gevul met
water tot `n 25cm vlak waarna `n 100kg ureum en 50kg trippelfosfaat
(TSP) per ha eweredig toegedien word. Na nog 4 dae word die
watervlak verhoog na 60cm en dan die volgende dag na 1m. Indien
troebelheid steeds hoog is, kan verdere anorganiese bemesting
toegedien word (2:1 ureum:TSP). Garnaal kan dan na `n verdere
4 tot 5 dae uitgeplaas word.
Intensiewe produksie maak weer aan die ander kant hoofsaaklik
staat op kunsmatige voere om die voedingsbehoeftes van die
diere te bevredig. Daar moet in ag geneem word dat soos die
behuisingsdigtheid vergroot, so verminder die beskikbaarheid
van natuurlike voedsel en die behoefte vir kunsmatige neem
toe. Kunsmatige voeding begin gewoonlik wanneer die natuurlike
voedselvoorsieningskapasiteit van die produksie-eenheid tot
so `n mate verminder dat die dam nie meer hoë-digtheid
garnaalproduksie kan onderhou nie. Hoë-kwaliteit kunsmatige
voere voere bied in intensiewe stelsels die voordele van beter
voeromsettingsdoeltreffendheid, vinniger groei, laer mortaliteite
– en, baie belangrik, verbeterde waterkwaliteit
Anders as vis, is garnaal peuselaars, en dus stadige vreters
wat aan voere sal knibbel totdat dit klein genoeg is om in
te sluk - `n gewoonte wat `n noemenswaardige bydrae kan maak
tot voedingstof-verliese en toeslik/verslikking van `n dam.
Daarom is die fisiese einskappe van garnaalvoere ook veel
belangriker by ander diere en gereeld `n area van besorgdheid.
Dus is belangrik dat garnaalvoere vir ongeveer 4 tot 6 ure
waterstabiel moet kan bly om die garnaal vodoende kans te
gee om die voer op te spoor en te vreet sonder dat te veel
voedingstowwe uitloog. Binne `n kwessie van `n uur, kan garnaal
voer meer as 20% van die ru-protein verloor, ongeveer 50%
van die koolhidraat-fraksie en 85 tot 95% van sy vitamien
inhoud. So veel as 77% van die stikstof en 86% van die fosfor
verbidings in die garnaalvoer gaan verlore. Die afval versamel
of op die bodem, of word vrygestel in die omgewing. Verder
word voere spesiaal geformuleer om stimulering van voedingsrespons
binne een minuut vanaf `n afstand van 0.33 meter aan te help.
As gevolg van die bentiese voedingsgedrag van garnaal, word
praktiese kommersiële voere in vinnig-sinkende korrels
geprosesseer (95% sinkbaarheid binne 5 sekondes) waarvan die
grootte van die korrels variëer afhangend van die grootte
van die garnaal. Krummels word gebruik gedurende die postlarwale
stadium 2 tot 3 mm deursnit korrels word gevoer vanaf laat
postlarwale stadium of jongelings (juveniles) to markgrootte
(15-25g).
Voeding op `n vroë ouderdom
Nadat garnaal-eiers uitbroei word die larwes “nauplii”
genoem wat na ses vervellings `n metamorfose ondergaan
en dan “protozoë larwe” genoem
word. Die nauplii voed op `n dooiersak maar die
protozoë larwe benodig eksogene voedingstowwe
en word daagliks gevoed met planktoniese diatome
soos, Skeletonema sp., Tetraselnius sp., en Chaetoceros
sp.. Hierdie lewende voedsel behoort te alle tye
in suspensie in die water wees aangesien protozoë
larwe geen refleks toon om voedsel te soek nie,
maar wag totdat die gepaste voedsel partikels toevallig
in kontak met hul mond kom. Binne 4 tot 5 dae vervel
die protozoëlaerw voordat hulle getransformeer
na word na “myses”. Myses word hoofsaaklik
gevoer met soöplankton, fitoplankton en Artemia.
Die myses ondergaan `n verdere metamorfose na 3
verder vervellings, wat 3 tot 4 dae kan duur, na
die sogenaamde post-larwale stadium. Gedurende die
eerste 5 dae van die post-larwale of PL stadium.
PL word geleidelik vanaf Artemia op kunsmatige voere
gespeen. PL word in produksiedamme geplaas 14 tot
20 dae na uitbroei. |
|
Voertoelaag
Die gebruik van voer-aanbevelings en voertabelle (sien Tabel
1) is veral van van toepassing by die intensiewe garnaalproduksie
waar natuurlike voedsel geen bydrae maak tot die bevrediging
van die garnaal se voedingsbehoeftes nie. Dit is egter noodsaaklik
om te noem dat die aanbevelings soms aangepas behoort te word
by spesifieke produksie-omstandighede of veranderende weersomstandighede.
Tabel 1. Voorbeeld van voer-aanbevelings
vir garnaal van verskillende grootte.
| Voertipe |
Ouderdom
(PL= Postlarvaal)
|
Grootte
(g) |
Proteien
inhoud
(%) |
Partikel
grootte
(mm) |
Voerfrekwensie
(voedings/dag) |
| Voor-Aanvangsvoer ("Pre-Starter")* |
>PL1 |
<0.2 |
45-60 |
<0.5 krummel |
6 (40-20) |
| Voor-Aanvangsvoer (“Pre-Starter”)* |
|
0.02-0.5 |
45-60 |
0.5-1 krummel |
6 (20-15) |
| Aanvangsvoer (“Starter”)*
|
PL15 - PL30 |
0.5-5 |
>40(>45)* |
1-2 krummel |
5-4 (15-10) |
| Aanvangsvoer (“Starter”)* |
PL30 - PL60 |
5-7 |
>40(>45)* |
2.0 x 2.5
korrel |
5-4 (15-10) |
| Groei (“Grower”) |
PL60 - PL75 |
7-10 |
>25(>35)* |
2.0 x 2.5
korrel |
4-3 (10-6) |
| Groei (“Grower”) |
PL75 - PL80 |
10-15 |
>25(>35)* |
2.5 x 5.0
korrel |
4-3 (10-6) |
| Afrond (“Finisher’) |
PL80 - PL95 |
15-20 |
>25(>35)* |
2.5 x 5.0
korrel |
4-3 (6-4) |
| Afrond (“Finisher’)
|
PL95 - PL115 |
20-30 |
>25(>35)* |
2.5 x-10 korrel |
4-3 (6-4) |
| Afrond (“Finisher’) |
>PL135 |
30-35 |
>25(>35)* |
2.5 x 10 korrel |
4-3 (6-4) |
| Broei diere |
|
>35 |
|
2.5 x 10 korrel |
2-3 (4-3) |
|
|
| *Semi-intensiewe produksie; intensief
in hakies. |
PL word aanvanklik na uitplasing in damme teen 125% van
hul liggaamsmassa per dag gevoer waarna dit vinnig verminder
word 10% sodra hulle goed vreet. Hierdie voertoelaag word
verder verminder soos die garnaal ouer word. Aangesien garnaal
nie oor groot afstande swem om te vreet nie, en aangesien
garnaal territoriaal kan wees moet daar gesorg word dat voer
oor die hele dam-oppervlak uitgesprei word om seker te maak
dat al die garnaal gelyke kans kry om te vreet. Outomatiese
voerders kan as alternatief vir handvoeding aangewend word,
maar daar moet nie toegelaat word dat dit gereelde waarneming
van elke dam vervang nie.
Die gebruik van 1m2 voermandjies waarin `n sekere gedeelte
van die daaglikse voertoelaag uitgeplaas word, kan nuttig
gebruik word vir roetine waarneming van voeding en inspeksie
van algemene gesondheid (sien Tabel 2). Ses tot agt mandjies
word per dam uitgeplaas. Gedurende die eerste 30 dae na uitplasing
besoek die garnaal egter nie die voermandjies so gereeld nie
en is die boer afhanklik van die gebruik van `n voertabel
vir voedingsbestuur.
Tabel 2. Voorbeeld van voer
aanbevelings vir garnaal van veskillende grootte
Liggaamsmassa
(g) |
Voedingspeil
as % van liggaamsmassa per dag |
%
van voer in madjies |
verbruikersperiode |
|
Intensief
|
Semi-intensief |
|
|
| 0.5-2 |
15-8 |
10-4 |
|
|
| 2.5 |
6-8 |
4 |
3.0 |
3 |
| 5-10 |
6.5 |
3.5 |
3.6 |
2.5 |
| 10-15 |
4.5 |
3 |
4.1 |
2.5 |
| 15-20 |
3.8 |
2.5 |
4.5 |
2 |
| 20-25 |
3.5 |
2.5 |
5.0 |
2 |
| 25-30 |
3.2 |
2 |
5.4 |
1.5 |
| 30-35 |
3.0 |
2 |
5.9 |
1 |
| >35 |
2.5 |
2 |
6.2 |
1 |
|
|
|
Die hoeveelheid voer wat na `n sekere periode in die mandjie
oorbly dien as goeie aanduiding vir die aanpassing van daaglikse
voertoelaag: indien daar voer oorbly word die voertoelaag
verminder en andersom (sien Tabel 3).
Tabel 3. Voertoelaag aanpassing
gebasseer op die gebruik van voermandjies
| %
ongevrete voer |
Voer-aanpassing
met volgende voeding |
| 0 |
Verhoog met
5% |
| <5 |
Geen verandering |
| 5-10 |
Vermindering
met 5% |
| 10-20 |
Vermindering
met 10% |
| >20 |
Slaan 2 voedings oor; begin
daarna weer teen 10% minder |
|
|
|
Aangesien garnaal gewoonlik meer gedurende die nag as bedags
vreet, word aanbeveel dat `n groter gedeelte van hul daaglikse
voertoelaag in die namiddag te gegee behoort te word. Ongeveer
30% van die totale daaglikse voertoelaag kan in die oggend
gegee worden 70% in die laatmiddag. Tabel 4 voorsien `n voorbeeld
van `n meer gedetailleerde voerskedule. Verder is dit interressant
om daarop te let dat hul voedingsaktiwiteit verhoog kort voor
laagwater.
Tabel 4. Voorbeeld van `n
voorgestelde voerskedule vir garnaal
|
Voer tipe |
Massa |
Voertyd |
| |
|
06:00 |
10:00 |
14:00 |
18:00 |
22:00 |
| Aanvangs |
0.5-5g |
30% |
- |
35% |
- |
35% |
| Groei |
5-15g |
20% |
15% |
15% |
30% |
20% |
| Afrond |
15g + |
20% |
15% |
15% |
30% |
20% |
|
|
|
Lourens de Wet
|