|
Reënboogforel voedingsbestuur
Die voeding van reënboogforel (Onchorhynchus
mykiss) behels lank nie meer die gebruik van vliegmaaiers
en abbatoir-afgekeurde lewers nie. Volledig-geballanseerde
kunsmatige voere voorsien in die voedingsbehoeftes van
forel tydens verskillende groeistadiums. Hierdie voere
is egter duurder en moet kundig bestuur word om potensiële
inkomsteverliese te vermy.
Reënboogforel is karnivories en jag dus in die natuur
op ander lewende organismes. Hierdie aggressiewe en opportunistiese
voedingsgedrag is `n belangrike faktor om in ag te neem met
vbestuur van forel in intensiewe produksiestelsels. Forel
toon byvoorbeeld `n voorkeur vir voerkorrels wat dryf of
stadig deur die waterkolom sink, maar verloor belangstelling
sodra dit op die modderige bodem gaan lê. Binne 5 tot
10 sekondes nadat die voerkorrels die water tref word hulle
gulsig opgeraap.
Ongeveer 30 dae na uitbroei is die absorbsie van die dooiersak
van die klein-vissies voltooi en begin hulle aktief rondswem
op soek na voedsel. Anders as met vis met `n larwale tussen
stadium, is klein forel teen hierdie tyd reeds in staat om
droë voere effektief te benut. Lewende voedsel soos
Daphnia kan wel in hierdie beginstadium addisioneel voorsien
word om die klein vissies te leer vreet en hulle geïnteresseerd
te hou in die voer. Aktief swemmende vissies behoort ten
minste elke uur gedurende normale ligperiodes met die hand
gevoer te word. Indien ongevrete voer gereeld van die bodem
verwyder word kan hulle selfs óórvoer word
om goeie aanpassing op droë voer te verseker. Forel
kan rofweg 1% van liggaamsmassa per voeding gegee word, sodat
die daaglikse voerfrekwensie daarvolgens aangepas kan word
(gewoonlik 10 voedings per dag van 1% van liggaamsmassa elk).
Voer behoort ten minste oor twee derdes van die wateroppervlak
uitgesprei naaste aan die water-inlaat waar die sterkste
vissies is. Dit verseker gelyke toegang tot die voer wat
sal help om variasie in groei te beperk en `n eweredige visgrootte
handhaaf. Outomatiese voerders naby die water-inlaat kan
hier van veel waarde wees maar dit behoort nie handvoeding
heeltemal te vervang nie. Die waarneming van vis tydens handvoeding
bly steeds van onskatbare waarde vir doeltreffende voedingbestuur.
Soos die vis groei en goed leer vreet behoort die voerfrekwensie
verminder te word (sien Tabel 1.) aangesien meer en dus kleiner
voedings die toegang van individuele vis tot voer beperk
weens kompetisie vir vreet-spasie. Dit lei tot die dominering
van groter vis by die voerpunt en verhoed kleiner en swakker
vis om goed te vreet. Indien al die vis in die produksiestelsel
nie suksesvol kan kompeteer vir gelyke voerinname nie, onstaan
groot variasie in die groeitempo en liggaamsmassa tussen
vis wat die situasie net verder vererger. Die voorkoms van
stres as gevolg hiervan asook van byt wonde en beserings
is kenmerkende tekens van dominansie. Té veel voedings
per dag maak dit verder ook moeilik om te bepaal of al die
vis óór- of ondervoed is. Dit is dus duidelik
dat “stadige voeding van klein porsies voer” nie
noodwendig “noukeurige voeding” is nie. `n Hoë voertempo/laer
voerfrekwensie (deur gebruik van `n groter voerskop of selfs
`n skopgraaf) wat wyd oor `n wye area uitgesprei word, word
eerder benodig word om voldoende vreetkaans vir al die vis
te gun. Só sal 2-3 voedings van 10-20 minute daagliks
effektiewe inname by bord-grootte vis verseker. Voorsorg
moet egter getref word dat daar nie te vinnig gevoer word
nie, want indien voer afsak na die dambodem, sal forel dit
selde vreet.
Tabel 1. Voorbeeld van voer
aanbevelings vir reënboog forel var veskillende grootte
| Voertipe |
Visgrootte
(g)
|
Proteien
inhoud
(%) |
Partikel
grootte
(mm) |
Voerfrekwensie
(voedings/dag) |
| Voor-Aanvangsvoer ("Fry")
00 |
<0.5 |
47-52 |
<0.5 |
10 |
| Voor-Aanvangsvoer (“Fry”)
01 |
0.5-2 |
47-52 |
0.5-1 |
10 |
| Voor-Aanvangsvoer (“Fry”)
02 |
2-6 |
47-52 |
1-1.5 |
10 |
| Voor-Aanvangsvoer (“Fry”) 03 |
6-20 |
47-52 |
2 |
10 |
| Aanvangsvoer (“Starter”)
1 |
20-50 |
45+ |
3 |
6-8 |
| Aanvangsvoer (“Starter”) 2 |
50-100 |
45+ |
4 |
6-8 |
| Groei (“Grower”) 1 |
100-200 |
38+ |
4 |
3-5 |
| Groei (“Grower”) 2 |
200-400 |
38+ |
6 |
3-5 |
| Groei (“Grower”) 3 |
>600 |
38+ |
9 |
3-5 |
| Afrond (“Finisher’) 1 |
100-200 |
38+ |
4 |
3-5 |
| Afrond (“Finisher’)
2
|
200-400 |
38+ |
6 |
3-5 |
| Afrond (“Finisher’) 3 |
>600 |
38+ |
9 |
3-5 |
| Broei (“Breeder”) |
|
38+ |
9 |
1-2 |
| Rekreasie (“Recreational”) |
|
38+ |
6-9 |
1-2 |
|
|
|
Vis behoort van voer weerhou te word vir `n periode voor
en na hantering. Vir roetine hantering soos inenting, gradering
of die neem van steekproewe, is `n 24 uur vasting voldoende.
Indien vis oor `n lang afstand vervoer moet word of geslag
gaan word behoort hulle vir `n minimum van 2 tot 3 dae gevas
te word. Alhoewel voertabelle (Tabel 2) en voedingbestuur-sagteware
`n goeie aanbeveling gee van die daaglikse voertoelaag vir
optimum voeromsettingsdoeltreffendheid, behoort dit verminder
te word tydens siekte en uitermatige temperatuurskommelinge
wanneer vis selde `n goeie aptyt toon. Aangesien vis koudbloedig
is word hul metabolisme tot `n groot mate gereguleer deur
die heersende watertemperatuur. Tydens lae watertemperatuur
word die aktiwiteit van die spysverteringstelsel vertraag
sodat voedsel stadiger deur die sisteem beweeg. By temperature
van meer as 20°C funksioneer die spysverteringstelsel
nie optimaal nie en word voere swak of gedeeltelik verteer
voordat dit uitgeskei word. Dit veroorsaak `n voedingstof-oorbelading
van die water. Tesame met die lae suurstof-dravermoë van
warmer water veroorsaak dit dikwels respiratoriese nood wat
te alle tye vermy behoort te word. Voertoelaag behoort in
sulke omstandigehede verminder te word om voervermorsing
te voorkom goeie waterkwaliteit te onderhou. Tabel 2 kan
as riglyn dien vir vis van groter as 100 gram.
Tabel 2. Aanbeveelde voerfrekwensie
vir 100gram en swaarder forel by watertemperature onder Standaard
Omgewings Temperatuur (15°C vir forel).
| Water
Temperatuur °C |
Voedings
per dag |
| 5-10 |
3 |
| 10-13 |
4 |
| 13-18 |
5 |
| 18-20 |
3 |
| >20 |
2 |
|
|
|
In die natuur word wilde salm en forel gedurende sekere
tye van die jaar gekenmerk deur `n unieke pienk vel- en vleiskleur.
Die pigmente wat hierdie unieke kleur veroorsaak kan nie
deur die vis gesintetiseer word nie maar word in die natuur
vanaf die inname van verskeie organismes geabsorbeer.Hierdie
kleur speel veral `n belangrike rol tydens die hofmaakproses
voor paring wanneer rooi en pienk pigmente vanaf die vleis
na die vel onttrek om die forel meer aantreklik te maak.
`n Groot gedelte van die pigment word tydens geslagsrypheid
na die ovarium van die vroulike diere onttrek waar dit in
die eiers neergelê word om die vrygestelde eiers te
beskerm, veral in periodes wanneer die lae suurstofgehalte
van die water die gaswisseling vandie eier kan benadeel.
- dit beskerm ook die eiers treen ultra-violet. Verder is
hierdie pigmentneerlegging in die vleis ook kommersiëel
belangrik aangesien verbruikers sterk voorkeure vir vleiskleur
ontwikkel het - die suksesvolle bemarking van forel is grootliks
hiervan afhanklik.
Onder produksie-omstandighede, met die afwesigheid van natuurlike
pigmentbronne, is die neerlegging van hierdie pigmente afhanklik
van die insluiting daarvan in afrondvoere. Dit is egter duur
en die koste van insluiting beloop tussen 12-16% van die
koste van voer. Daar bestaan `n liniêre verwantskap
tussen visgrootte/massa en pigmentering waar die pigmentdeponering
doeltreffendheid vergroot met visgrootte. Pigmentering is
swak in jong forel en begin slegs betekenisvol verbeter bokant
100 gram. Teen `n insluitingsvlak van 50 dele per miljoen
pigment kan suksesvolle pigmentering bewerkstellig word binne
3 maande indien die vis aktief groei. Hierdie insluitingsvlak
kan verhoog word indien pigmentering oor `n korter perode
benodig word (sien Tabel 3)
Tabel 3. Voertoelaag aanpassing
gebasseer op die gebruik van voermandjies
| Produksiestadium |
Voer-aanpassing
met volgende voeding |
| 12 weke voor slagting |
50 |
| 8 weke voor slagting |
75 |
| 4 weke voor slagting |
100 |
| Broeivis |
25 tot 75 dpm vier tot agt
maande voor broeiseisoen |
|
|
|
Indien broeivis vir die broeiseisoen voorberei word behoort
die daaglikse voertoelaag verminder te word aangesien oorvoeding
die vis se reproduktiewe prestasie in hierdie periode kan
benadeel. Afhangende van die watertemperatuur behoort broeivis
van voer onthou te word 3 tot 4 weke voor broeityd, en dan
geleidelik terug gebring te word na vol voeding oor `n periode
van 2 tot 4 weke daarna. Hierdie vastingsperiode is belangrik
om die kontaminasie van die eiers met mis te beperk.
Tabel 4. Voorbeeld van daaglikse
voertoelaag aanbevelings vir forel van veskillende grootte
by verskillende water temperature
| Vismassa
(g) |
Temperatuur |
| 6 |
7 |
8 |
9 |
10 |
11 |
12 |
13 |
14 |
15 |
16 |
17 |
18 |
19 |
20 |
| >0.5 |
3.6* |
4 |
4.3 |
4.7 |
5 |
5.4 |
5.8 |
6.3 |
6.8 |
7.3 |
7.5 |
7.3 |
6.9 |
6.5 |
6.1 |
| 0.5 - 1.5 |
3 |
3.3 |
3.6 |
3.9 |
4.3 |
4.6 |
4.9 |
5.2 |
5.6 |
6.1 |
6.3 |
6.1 |
5.6 |
5.3 |
5.1 |
| 1.5 - 5.25 |
2.5 |
2.7 |
3 |
3.2 |
3.4 |
3.7 |
3.9 |
4.2 |
4.6 |
4.9 |
5.1 |
4.9 |
4.6 |
4.3 |
4.2 |
| 5.25 - 12 |
1.9 |
2.1 |
2.3 |
2.5 |
2.7 |
2.9 |
3 |
3.2 |
3.5 |
3.7 |
3.9 |
3.7 |
3.5 |
3.3 |
3.2 |
| 12 - 25 |
1.4 |
1.6 |
1.7 |
1.8 |
2 |
2.1 |
2.3 |
2.4 |
2.6 |
2.8 |
3 |
2.8 |
2.6 |
2.5 |
2.4 |
| 25 - 40 |
1.2 |
1.3 |
1.4 |
1.5 |
1.7 |
1.7 |
1.9 |
2 |
2.1 |
2.3 |
2.4 |
2.3 |
2.1 |
2.1 |
2 |
| 40 - 60 |
1 |
1.1 |
1.2 |
1.3 |
1.4 |
1.5 |
1.6 |
1.6 |
1.8 |
1.9 |
2 |
1.9 |
1.8 |
1.7 |
1.6 |
| 60 - 90 |
0.9 |
1 |
1 |
1.1 |
1.2 |
1.3 |
1.4 |
1.4 |
1.5 |
1.7 |
1.7 |
1.7 |
1.5 |
1.5 |
1.4 |
| 90 - 120 |
0.8 |
1.9 |
1.9 |
1 |
1.1 |
1.1 |
1.3 |
1.3 |
1.4 |
1.5 |
1.5 |
1.5 |
1.4 |
1.4 |
1.3 |
| 120 - 150 |
0.7 |
0.8 |
0.8 |
0.9 |
1 |
1 |
1.1 |
1.1 |
1.2 |
1.3 |
1.4 |
1.3 |
1.2 |
1.2 |
1.1 |
| 150 - 200 |
0.6 |
0.7 |
0.7 |
0.8 |
0.9 |
0.9 |
1 |
1.1 |
1.1 |
1.2 |
1.3 |
1.2 |
1.1 |
1.1 |
1 |
| 200 - 300 |
0.6 |
0.7 |
0.7 |
0.8 |
0.9 |
0.9 |
0.9 |
1 |
1 |
1 |
1 |
1 |
0.9 |
0.9 |
0.9 |
| 300 - 500 |
0.6 |
0.7 |
0.7 |
0.8 |
0.8 |
0.8 |
0.8 |
0.9
|
0.9 |
0.9 |
0.9 |
0.9 |
0.8 |
0.8 |
0.8 |
| 500 - 750 |
0.5 |
0.6 |
0.6 |
0.7 |
0.7 |
0.7 |
0.7 |
0.8 |
0.8 |
0.8 |
0.8 |
0.8 |
0.7 |
0.7 |
0.7 |
| 750+ |
0.4 |
0.5 |
0.5 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
0.6 |
|
|
| * voedingspeil as % van liggaamsmassa per dag |
Lourens de Wet
|