|
Tilapia voedingsbestuur
Alhoewel tilapia (Tilapia & Oreochromis spp) uniek is
aan Afrika, word dié vis tans geproduseer in die meeste
tropiese en subtropiese streke van die wêreld. Tilapia
is in die verlede beskou as `n vis wat spesiaal geskik is
vir ekstensiewe akwakultuur in derdewêreld lande aangesien
hulle lae kwaliteit voere en dieremis effektief kan benut.
Hierdie beeld is vinnig besig om te verander want tilapia
word al hoe meer intensief geproduseer vir eerstewêreld
markte.
Voedingsgedrag
Behalwe vir hul weerstand teen siektes, hantering en teen
ekstreme omgewingsomstandighede is tilapia besonder geskik
vir akwakultuur vanweë hul vinnige groei, effektiewe
gebuik van natuurlike voedsel, aanvaarding en aanpasbaarheid
op `n verskeidenheid van volledige voere. Die Tilapia genus
word algemeen geklassifiseer as makrofiet voeders, terwyl
die Oreochromis genus beskou word as mikrofage. Eersgenoemde
voed op filament-agtige alge en ander makrofiete, en laasgenoemde
op soö- en fitoplankton. Beide voed op detritus (organismes
wat groei op verrottende materiaal) en benthos, materiaal
wat ryk is aan bakterië, protozoë, en `n aantal
dierlike komponente. Hierdie natuurlike voedsel vorm `n
belangrike bron van voedsel vir klein vissies en maak `n
groot en ekonomiese bydrae tot die ekstensiewe en semi-intensiewe
produksie van tilapia in gronddamme.
Jong vis: Tilapia-groeidamme word bemes om die natuurlike
produtiwiteit (natuurlike voedsel) van die water te stimuleer
en te vermeerder. Sodra hierdie natuurlike voedselvoorsiening
afplat, behoort volledige voere ad libitum, ofvoorsien
te word. Dit is belangrik daklein vissies word ad libitum
of
teen ongeveer 30% van die liggaamsmassa per dag gevoer
te word. Soos die vissies groei word hul voertoelaag geleidelik
verminder na 15%. Voeding behoort te geskied teen `n
minimum
frekwensie van 4 keer per dag. Voer voer moet eweredig
per hand versprei oor `n uitgestrekte area sodat die vissies
nie te vêr hoef te swem om te vreet of soek na
kos nie.
In ekstensiewe stelsels of semi-intensiewe stelsels waar
tilapia teen relatief lae digthede geproduseer word, is
hulle onderskeidelik totaal of gedeeltelik afhanklik vanaf
die
voorsien van voedsel deur die natuurlike produktiwiteit
van die water. Aangesien natuurlike produktiwiteit bydra
tot
voedingstofvoorsiening word lae proteïen volledige voere
(24-28% proteïen) in semi-intensiewe produksiestelsels
as byvoeding gebruik om die voedingsbehoeftes te help bevredig.
Die teenwoordigheid van hoë-digtheid plankton verminder
verder die behoefte aan vitamien-aanvulling. Veral in gebiede
waar kommersiële rantsoene onbeskikbaar en duur is,
gebruik kleinskaalse boere gereeld slegs mis of kompos of
anorgansiese bemestingstowwe in semi-intensiewe produksiestelsels.
Verder word tilapia produksie soms met pluimvee en varkproduksie
doeltreffend geïntigreer om sodoende die mis van hierdie
diere as bemestingstof of direk as voedsel te benut. Konstante
bemesting van gronddamme is noodsaaklik om `n goeie natuurlike
produktiwiteit regdeur die produksieperiode te handhaaf – indien
nie, moet die bydrae deur volledige voere verhoog word
om effektiewe groei te verseker. Alhoewel hierdie produksie-alternatief
tilapia oor `n veel langer periode markgereed kry as intensiewe
produksie, maak dit effektief en ekonomies gebruik van
bemestingstowwe.
Die ekonomiese lewensvatbaarheid van tilapiaproduksie
in intensiewe stelsels hang af van `n hoë opbrengs per
eenheid waterverbruik, vinnige groeitempo en goeie voer-omsettingsdoeltreffendheid.
Aangesien intensiewe stelsels soos baanstelsels, hokstelsels
en geslote hersikulasie stelsels nie natuurlike voedselvoorsiening
onderhou nie, word volledig geballansseerde voere vereis
met `n proteïen inhoud van ten minste 30-36% vir groeivoere.
Die voordeel van kunsmatige voeding is om voldoende hoeveelheid
voedsel te voorsien sodat hulle vinnig genoeg markgrootte
van 200-400g bereik voordat hul geslags volwassenheid bereik.
Nadat tilapia geslagsvolwassenheid bereik word te veel
energie en tyd spandeer aan paringsgedrag.
Tilapia broeivis wat ad libitum gevoer word by 28-30°C
kan tot reproduksie gestimuleer word deur die voertoelaag
met 25-50% te verminder. Dit is belangrik om nie die broeivis
te oorvoer nie aangesien die gereelde skoonmaak van damme
(om goeie waterkwaliteit te onderhou) die broeivis kan
steur, en veroorsaak dat hulle hul eiers of larwe wat in
hul mond
gehou word, uitspoeg of insluk
Die fisiese eienskappe van verkorrelde tilapia voere is
belangrik, veral ten opsigte van grootte en waterstabiliteit.
Tilapia blyk `n voorkeur te hê vir kleiner korrels
as byvoorbeeld baber en forel van dieselfde grootte. Hulle
neig om eerder die korrels te suig of peusel as om te sluk
soos die geval met meeste ander vis. Onaanvaarbare korrels
word gewoonlik aanhoudend gesluk en uitgspoeg voordat dit
finaal aanvaar of verwerp word. Alhoewel tilapia `n verskeidenheid
van voere (meelvorm, vogtig, deegagtig, sinkend of drywend)
aanvaar, behoort duur hoë kwaliteit volledige voere
behoort egter in korrelsvorm aangebied te word om voerverliese
te beperk. Vir uitgroei hokke wat dryf, kan voertrôe
gebruik word of `n tweede net op die bodem van die hok geïnstalleer
word om voedselverliese te help voorkom.
Tabel 1. Voorbeeld van voer aanbevelings vir tilapia van
veskillende grootte.
| Voertipe |
Visgrootte
(g)
|
Proteien
inhoud
(%) |
Partikel
grootte
(mm) |
Voerfrekwensie
(voedings/dag) |
| Voor-Aanvangsvoer ("Fry")
00 |
<0.5 |
50 |
500 |
6-8*** |
| Aanvangsvoer (“Starter”)
1 |
0.5-1 |
40 |
500 |
6-8 |
| Semi-intensiewe
produksie |
| Groei (“Grower”) 1 |
1-30 |
24-28 |
1-2 |
1-2 |
| Groei (“Grower”) 2 |
20-120 |
24-28 |
2 |
1-2 |
| Groei (“Grower”) 3 |
200-250 |
24-28 |
3 |
1-2 |
| Groei (“Grower”) 4 |
>250 |
24-28 |
4 |
1-2 |
| Intensiewe produksie |
| Groei (“Grower”) 5 |
1-30 |
30-36 |
1-2 |
3-5 |
| Groei (“Grower”) 6 |
20-120 |
30-36 |
2 |
3-5 |
| Groei (“Grower”) 7 |
200-250 |
30-36 |
3 |
3-5 |
| Groei (“Grower”) 8 |
>250 |
30-36 |
4 |
3-5 |
| Broei (“Breeder”) |
- |
30-32 |
4 |
3-5 |
|
|
|
|
*eerste 10 dae
** dag 10-30
*** by 28°C Tilapia word bevoordeel deur veelvuldige
daaglikse voedings, vanweë hulle aanhoudende voedingsgedrag
en klein maagkapasiteit. |
Tabel 2. Voorbeeld van daaglikse voertoelaag
en vir verskillende grootte tilapia by 28°C
| Vismassa
(g) |
Semi-intensiewe
produksie
|
Intensiewe
produksie |
| 0 - 1.5 |
30* |
30 |
| 1.5 - 15 |
10 |
15 |
| 15 - 50 |
5 |
8 |
| 50 - 100 |
3 |
5 |
| 100 - 200 |
2 |
3 |
| 200 - 300 |
1.5 |
2.25 |
| 300 - 500 |
1.4 |
2 |
| 500 - 800 |
1.3 |
1.6 |
|
|
| * Voedingspeil uitgedruk as % van liggaamsmassa per
dag) |
Lourens de Wet
|