Tilapia voedingsbestuur

Alhoewel tilapia (Tilapia & Oreochromis spp) uniek is aan Afrika, word dié vis tans geproduseer in die meeste tropiese en subtropiese streke van die wêreld. Tilapia is in die verlede beskou as `n vis wat spesiaal geskik is vir ekstensiewe akwakultuur in derdewêreld lande aangesien hulle lae kwaliteit voere en dieremis effektief kan benut. Hierdie beeld is vinnig besig om te verander want tilapia word al hoe meer intensief geproduseer vir eerstewêreld markte.

Voedingsgedrag
Behalwe vir hul weerstand teen siektes, hantering en teen ekstreme omgewingsomstandighede is tilapia besonder geskik vir akwakultuur vanweë hul vinnige groei, effektiewe gebuik van natuurlike voedsel, aanvaarding en aanpasbaarheid op `n verskeidenheid van volledige voere. Die Tilapia genus word algemeen geklassifiseer as makrofiet voeders, terwyl die Oreochromis genus beskou word as mikrofage. Eersgenoemde voed op filament-agtige alge en ander makrofiete, en laasgenoemde op soö- en fitoplankton. Beide voed op detritus (organismes wat groei op verrottende materiaal) en benthos, materiaal wat ryk is aan bakterië, protozoë, en `n aantal dierlike komponente. Hierdie natuurlike voedsel vorm `n belangrike bron van voedsel vir klein vissies en maak `n groot en ekonomiese bydrae tot die ekstensiewe en semi-intensiewe produksie van tilapia in gronddamme.

Jong vis: Tilapia-groeidamme word bemes om die natuurlike produtiwiteit (natuurlike voedsel) van die water te stimuleer en te vermeerder. Sodra hierdie natuurlike voedselvoorsiening afplat, behoort volledige voere ad libitum, ofvoorsien te word. Dit is belangrik daklein vissies word ad libitum of teen ongeveer 30% van die liggaamsmassa per dag gevoer te word. Soos die vissies groei word hul voertoelaag geleidelik verminder na 15%. Voeding behoort te geskied teen `n minimum frekwensie van 4 keer per dag. Voer voer moet eweredig per hand versprei oor `n uitgestrekte area sodat die vissies nie te vêr hoef te swem om te vreet of soek na kos nie.

In ekstensiewe stelsels of semi-intensiewe stelsels waar tilapia teen relatief lae digthede geproduseer word, is hulle onderskeidelik totaal of gedeeltelik afhanklik vanaf die voorsien van voedsel deur die natuurlike produktiwiteit van die water. Aangesien natuurlike produktiwiteit bydra tot voedingstofvoorsiening word lae proteïen volledige voere (24-28% proteïen) in semi-intensiewe produksiestelsels as byvoeding gebruik om die voedingsbehoeftes te help bevredig. Die teenwoordigheid van hoë-digtheid plankton verminder verder die behoefte aan vitamien-aanvulling. Veral in gebiede waar kommersiële rantsoene onbeskikbaar en duur is, gebruik kleinskaalse boere gereeld slegs mis of kompos of anorgansiese bemestingstowwe in semi-intensiewe produksiestelsels. Verder word tilapia produksie soms met pluimvee en varkproduksie doeltreffend geïntigreer om sodoende die mis van hierdie diere as bemestingstof of direk as voedsel te benut. Konstante bemesting van gronddamme is noodsaaklik om `n goeie natuurlike produktiwiteit regdeur die produksieperiode te handhaaf – indien nie, moet die bydrae deur volledige voere verhoog word om effektiewe groei te verseker. Alhoewel hierdie produksie-alternatief tilapia oor `n veel langer periode markgereed kry as intensiewe produksie, maak dit effektief en ekonomies gebruik van bemestingstowwe.

Die ekonomiese lewensvatbaarheid van tilapiaproduksie in intensiewe stelsels hang af van `n hoë opbrengs per eenheid waterverbruik, vinnige groeitempo en goeie voer-omsettingsdoeltreffendheid. Aangesien intensiewe stelsels soos baanstelsels, hokstelsels en geslote hersikulasie stelsels nie natuurlike voedselvoorsiening onderhou nie, word volledig geballansseerde voere vereis met `n proteïen inhoud van ten minste 30-36% vir groeivoere. Die voordeel van kunsmatige voeding is om voldoende hoeveelheid voedsel te voorsien sodat hulle vinnig genoeg markgrootte van 200-400g bereik voordat hul geslags volwassenheid bereik. Nadat tilapia geslagsvolwassenheid bereik word te veel energie en tyd spandeer aan paringsgedrag.

Tilapia broeivis wat ad libitum gevoer word by 28-30°C kan tot reproduksie gestimuleer word deur die voertoelaag met 25-50% te verminder. Dit is belangrik om nie die broeivis te oorvoer nie aangesien die gereelde skoonmaak van damme (om goeie waterkwaliteit te onderhou) die broeivis kan steur, en veroorsaak dat hulle hul eiers of larwe wat in hul mond gehou word, uitspoeg of insluk

Die fisiese eienskappe van verkorrelde tilapia voere is belangrik, veral ten opsigte van grootte en waterstabiliteit. Tilapia blyk `n voorkeur te hê vir kleiner korrels as byvoorbeeld baber en forel van dieselfde grootte. Hulle neig om eerder die korrels te suig of peusel as om te sluk soos die geval met meeste ander vis. Onaanvaarbare korrels word gewoonlik aanhoudend gesluk en uitgspoeg voordat dit finaal aanvaar of verwerp word. Alhoewel tilapia `n verskeidenheid van voere (meelvorm, vogtig, deegagtig, sinkend of drywend) aanvaar, behoort duur hoë kwaliteit volledige voere behoort egter in korrelsvorm aangebied te word om voerverliese te beperk. Vir uitgroei hokke wat dryf, kan voertrôe gebruik word of `n tweede net op die bodem van die hok geïnstalleer word om voedselverliese te help voorkom.

Tabel 1. Voorbeeld van voer aanbevelings vir tilapia van veskillende grootte.

Voertipe Visgrootte
(g)

Proteien inhoud
(%)
Partikel grootte
(mm)
Voerfrekwensie
(voedings/dag)
Voor-Aanvangsvoer ("Fry") 00 <0.5 50 500 6-8***
Aanvangsvoer (“Starter”) 1 0.5-1 40 500 6-8
Semi-intensiewe produksie
Groei (“Grower”) 1 1-30 24-28 1-2 1-2
Groei (“Grower”) 2 20-120 24-28 2 1-2
Groei (“Grower”) 3 200-250 24-28 3 1-2
Groei (“Grower”) 4 >250 24-28 4 1-2
Intensiewe produksie
Groei (“Grower”) 5 1-30 30-36 1-2 3-5
Groei (“Grower”) 6 20-120 30-36 2 3-5
Groei (“Grower”) 7 200-250 30-36 3 3-5
Groei (“Grower”) 8 >250 30-36 4 3-5
Broei (“Breeder”) - 30-32 4 3-5
*eerste 10 dae
** dag 10-30
*** by 28°C Tilapia word bevoordeel deur veelvuldige daaglikse voedings, vanweë hulle aanhoudende voedingsgedrag en klein maagkapasiteit.

Tabel 2. Voorbeeld van daaglikse voertoelaag en vir verskillende grootte tilapia by 28°C

Vismassa (g) Semi-intensiewe produksie
Intensiewe produksie
0 - 1.5 30* 30
1.5 - 15 10 15
15 - 50 5 8
50 - 100 3 5
100 - 200 2 3
200 - 300 1.5 2.25
300 - 500 1.4 2
500 - 800 1.3 1.6
* Voedingspeil uitgedruk as % van liggaamsmassa per dag)

Lourens de Wet

 
 
© Aquanutro 2002 | Disclaimer |